TuisbladDamme| Damontwerp
 
Damontwerp
Die ontwerp van die dam is baie belangrik. Die dam moet nie net die omgewing waar dit geïnstalleer word, verfraai nie, dit moet ook prakties wees. Byvoorbeeld, in ’n ingeslote omgewing ervaar mense soms die geluid van fonteintjies of watervalletjies as strelend, maar oor ’n langer tydperk kan dit erg irriterend raak. ’n Goedkoper damontwerp veroorsaak dikwels dat die dam na ’n paar jaar kraak, met die gevolg dat dit dan ’n verleentheid raak eerder as ’n bate.
Damme is geneigd om te lek, en om dit te voorkom voer ons die binnekant van die meeste van ons damme met veselglas uit. Ons gebruik slegs Oase handelsmerk pompe en ligte in ons damme, wat:
  • in Duitsland vervaardig word
  • lae stroomspanning gebruik
  • van baie hoë gehalte is
  • ’n vyf-jaar waarborg het.
 
Client Area