TuisbladDamme| Diens en Instandhouding
 
Diens en Instandhouding
Die versorging van die dam is redelik eenvoudig en hoef slegs indien nodig, gedoen te word. Met die skimmer wat ons voorstel, sal dit u slegs sowat 15 minute per maand neem om u dam skoon te hou. ’n Skimmer word ook in ’n swembad gebruik: dit is bedekte val wat ’n mandjie bevat, waardeur die water vloei. Dit versamel vuilis uit die dam en hou dit in die mandjie totdat u dit leegmaak. Soms beland paddas en ander verrassings in die mandjie!
Die dam moet elke twee tot drie jaar heeltemal skoongemaak word. Dit sluit in: die dreinering van die water uit die dam (plaas die visse in ’n bedekte tenk oor en verseker dat  genoeg suurstof in die tenk gepomp is!);  die was van die klippe met ’n kragspuit; opruiming van enige vuilis; nagaan van al die onderwater-ligte; versekering dat alles in werkende toestand is, die skoonmaak van die skimmer en bio-filter; bemesting van die plante, indien nodig; en daarna, die hervulling van die dam. Baie kliënte vra ons om die hele dam skoon te maak en sodoende te verseker dat dit die hele somer deur mooi lyk.
 
Client Area