TuisbladDamme| Toerusting
 
Toerusting
’n Professionele installasie is ’n moet - of u doodeenvoudig u pragtige dam vir ’n lang ruk wil geniet, of koi daarin wil aanhou. LIC Pool kan u adviseer en die nodige toerusting vir ’n pragtige, gesonde dam aflewer en installeer.
’n Skimmer suig drywende vuilis van die wateroppervlak af op. Die skimmer het gewoonlik ’n opruimingsmandjie by om die instandhouding van die dam te vergemaklik.
Bodemdreinering is nie in watertuine nodig nie, maar is baie voordelig in koidamme. Bodemdreinering voer swaar vaste stowwe na die meganiese filter toe deur. Dit werk egter net in damme wat nie klippe op die bodem het nie.
Meganiese filtrasie kan op verskillende maniere gedoen word. Die meganiese filter vang vaste stowwe op en verhoed dat dit die biologiese filter laat verstop. Die meganiese filter moet gereeld teruggespoel of skoongemaak word. Daar is verskillende tipes meganiese filters, byvoorbeeld, die vorteks, borsel, matwerk, sand-en-gruis, sifskerm en versakkingskamer.
Biologiese filters is noodsaaklik in koi-damme. Koi is baie sensitief is vir behandelde water. ’n Biologiese filtreerstelsel moet ten minste een week lank loop nadat “Bio Kick” bygevoeg is voor u die koi-visse in die dam kan loslaat. Biologiese filters moet 24 uur per dag loop, daarom word filters met lae spanning gebruik.

Biologiese filters beheer die opbou van giftige chemikalieë wat in die afval van visse voorkom deur die water te suiwer. As hierdie ammoniak en stikstowwe toegelaat word om te vergaar, sal u visse siek word en uiteindelik vrek. ’n Bio-filter kan op verskillende maniere aanmekaar gesit word. Dis belangrik dat die koi-eienaar verstaan hoe die filter skoongemaak word voor hy/sy dit installeer. Deeglike en gereelde skoonmaak van die meganiese en biologiese filters het ’n groot impak op die gesondheid en die gehalte van die koi.

Bio-filters word soms in belugte en nie-belugte filters opgedeel. Tipes bio-filters sluit in:
  • Bewegende bedfilter - belug
  • Bakki stort of drupstraal filter - belug
  • Sandfilter - nie-belug
  • Dwarsvloei-filter - tipies nie-belug, die ERICTM filter is belug.
  • Kraalfilter
Ultravioletbeligting word gebruik om alge te beheer. As die filter nie die voedingstowwe wat die alge voed uitfiltreer nie, raak die dam se water groen. ’n UV-lig maak die planktoniese alge dood en help om die water helder te hou. ’n UV-lig moet een keer per jaar vervang word.
’n Waterpomp laat die water sirkuleer – deur die filtrasiestelsel en terug na die dam toe. Dit is belangrik om die regte grootte pomp vir die dam en filtrasiestelsel te kies. In ’n biologiese dam moet die pomp 24 uur per dag loop.
 
Client Area