Tuisblad| Opknappings
Opknappings
As u dit oorweeg om u swembad te herstel of herbou, raai ons aan dat u met ons skakel sodat ons saam verskillende opsies kan ondersoek om u swembad en/of dam op te gradeer en op datum te bring. ’n LIC Pool opknappingspesialis staan gereed om meer oor u behoeftes uit te vind.
Ons opgeleide vakmanne sal die veselglas- of betonomhulsel, die deklaag en teëls, u afwerking (binneste pleisterwerk), loodgietery en toerusting inspekteer. Nadat ons u doelwitte en die toestand van u swembad geevalueer het, sal ons voorstelle maak en u van ’n kwotasie voorsien.

Ons bied alle opknappingsdienste, van klein projekte (soos die vervanging van teëls en opgradering van toerusting) tot grootskaalse herstel en modernisering aan. As u dit oorweeg om die pleister aan die binnekant van u bestaande swembad of spa te repareer, kan ons ENIGE van die elemente wat u op ons webtuiste sien, tot u swembad of spa toevoeg! U kan dalk ook ’n spuitstroom (jet stream of “hou aan met swem”), waterornamente, onderwaterbeligting en oefentoerusting oorweeg.
 
Client Area