TuisbladProdukte| Swembadverhittingstelsels
 
Swembadverhittingstelsels
As u die heeljaar deur wil swem, of ’n swembad by die kus het, is die reeks Zodiac Swembadverhittingstelsels ’n moet. LIC Pool- sentrum is ’n gemagtigde Zodiac handelaar. Saam met Zodiac kan ons die stelsel wat u die beste sal pas, aanbeveel, en dit vir u installeer.
Sonverhitting

In ons warm klimaat is swembaddens ’n lewenswyse. ’n Swembad verskaf heerlike gesinspret, gesonde oefening, ’n  luukse lewenswyse en tevredenheid. Verbeel u hoeveel lekkerder dit sou wees as die water van vroeg tot laat en in die maande voor en ná die somer lekker warm sou wees. Swembadverhitting hou die watertemperatuur aangenaam warm, en vermeerder die maande van praktiese gebruik en plesier vir die hele gesin.
LIC Pool gebruik die jongste ekologies-vriendelike swembad-verhittingstelsels en produkte wat ontwerp is om energie- en kostebesparings te optimaliseer en u koolsuurgasvrystellings te verminder.
 
Client Area