TuisbladSwembaddens| Spuitsement-swembaddens
 
Spuitsement-swembaddens
Ons ontwerp graag vir u ’n  spuitsementswembad met water- en klipornamente volgens u eie spesifikasies.
Eers word die vorm van die swembad of dam wat u graag wil hê, uitgegrawe. Die gat word dan versigtig voorberei om te verseker dat dit ’n natuurlike vorm het, met dieptes en eienskappe volgens u of die argitek se spesifikasies. Staalmaas word in die gat ingesit om die beton vir die muur te vas te hou. Nou volg die spuitsementproses.

’n Voormengsel van beton en sand word gemaak, wat in ’n hoë-druk spuitsementmasjien ingevoer en met lugdruk deur ’n pyp forseer word. Namate die mengsel die pyp verlaat, word ’n klein bietjie water bygevoeg om dit te aktiveer. Die nat mengsel word teen die mure van die swembad of dam vasgespuit of vasgeskiet om ’n oppervlak te skep wat so sterk is dat ’n mens daarop kan loop. Nadat die die vorm netjies afgewerk is, word die swembad kans gegee om droog te word.

Die droë spuitsement word met marmerpleister bedek wat in ’n verskeidenheid gepaste kleure vir die swembad of dam beskikbaar is. Sodra dit droog is, kan die swembad volgemaak en die installasie gefinaliseer word.
 
Client Area