TuisbladToerusting| Waterornamente
 
Waterornamente
Waterfonteine word nie net as vertoonstukke geskep nie, maar ook as rusplekke om lafenis teen die hitte van die son te bied. LIC Pool spesialiseer in die skepping van asemrowende, eksotiese waterornamente – van die beste in Namibië. Vra ons om nuwe lewe in u tuin, swembad, dam of korporatiewe ruimte te blaas. LIC Pool kan ’n waterornament in enige grootte en vorm installeer – van ’n klassieke marmerfontein tot 'n soliede betonfontein wat na bestelling gemaak word, en dit alles word met behulp van die modernste tegnologie en die beste material geskep.
Die Geskiedenis van Watertuine

’n Waterornament kan fonteine, poele, damme, kaskades, watervalle en stroompies insluit. Voor die 18de eeu is hulle gewoonlik deur swaartekrag aangedryf, hoewel daar aangeteken is dat die fonteine in welbekende Hangende Tuine van Babilon deur ’n Archimediese skroef aangedryf is. Ander voorbeelde is deur waterramme van water voorsien. Vanaf die 18de eeu dryf pompe die meeste waterornamente aan. Stoomkrag is in die verlede dikwels ingespan om die pompe aan te dryf, maar deesdae word elektrisiteit amper sonder uitsondering gebruik.

Namate die mark vir alternatiewe installasiemetodes (soos sonkrag) egter meer gevestig raak, was die reeks innoverende ontwerpe wat beskikbaar is, ook vinnig aan. Die gebruik van sonkrag hou voordele vir die omgewing in, elektriese drade word nie benodig nie, en die energie is gratis!

Moderne waterornamente funksioneer kenmerkend heeltmal op sigself. Dit beteken dat dit onnodig is om waterpype spesiaal na waterornamente aan te lê. Die water word eerder herwin van ’n dam of ’n verborge opgaartenk of opgvangbak. Die opvangbak kan óf in die waterornament ingebou word, óf  ondergronds begrawe word. ’n Waterornament kan buitens- of binnenshuis wees en kan enige grootte beslaan, van so klein as ’n waterfonteintjie op ’n lessenaarblad tot ’n groot waterval wat ’n hele muur in ’n groot kommersiële gebou toemaak. Dit kan ook van ’n groot verskeidenheid materiaal gemaak word, insluitende klip, graniet, vlekvrye staal, hars en glas.
 
Client Area